Pierneef se olieverfwerk sorg vir ‘n veilinghoogtepunt

Pierneef se olieverfwerk sorg vir ‘n veilinghoogtepunt A View through the Trees deur J.H. Pierneef.

J.H. Pierneef se A View through the Trees is een van die hoogtepunte in vandag se veiling deur Stephan Welz & Co in Sandton. Die olieverfskildery sal na verwagting tussen R500 000 en R600 000 behaal. Die werk yang die natuurlike prag van die landskap vas en weerspieel die prominente rol van borne in die beroemde landskapskilder se werk. Dit is deur die skilder onderteken. Borne het spesifleke simboliese betekenisse vir Pierneef (18861957). Dit het vir horn spesifieke geografiese gebiede verteenwoordig en die karakter en atmosfeer van ‘n spesifleke gebied vasgeyang. ‘n Bronsbeeld deur Fanie Eloff, Sitting Woman, kom ook onder die hamer. Slegs een bronsbeeld van hierdie kunswerk is gegiet. Dis geinspireer deur die Rynse nimf uit Wagner se opera Der Ring des Nibelungen. Die werk is onderteken en dra die gietery merk. Die prys word tussen R160 000 en R240 000 geraam. Nog ‘n merkwaardige werk op die veiling is The Prophet deur Anton Smit wat na raming tussen R240 000 en R290 000 sal behaal. Smit verbeeld en beliggaam ‘n reeks spirituele en mistieke idees oor eksistensialisme, merk Stephan Welz & Co op. “Skepping gaan ononderbroke voort deur die medium van die mens,” se Smit. “Sy uitdaging as ‘n kunste naar is om homself voortdurend te herskep, om nuwe betekenis en nuwe konsepte in gegewe vorms, figure en gesigte te vind.” Baie soos die kunstenaar aan’t werk in sy ateljee, lyk dit asof die gestileerde en onpeilbare gesig van The Prophet met ‘n effense glimlag na binne en buite kyk. The Prophet kyk na binne na ‘n verbeeldingryke en simboHese ryk van inspirasie, en na buite val sy blik op die stoflike wereld beliggaam deur die beeldhouwerk. Die veiling is vandag en more in die Suidtoring (vierde verdieping) by Nelson Mandelaplein in Sandton. Die sessies vind 10:30 en 14:00 plaas. Skakel 011 880 3125 of stuur epos na jhb@stephanwelzandco. co.za.

Pierneef se olieverfwerk sorg vir 'n veilinghoogtepunt

 

2016-09-05T09:42:12+00:00

About the Author: