Reitz-versameling Dinsdag opgeveil

Kosbare Africanadokumente en boeke uit die F.W. Reitzversameling wat tot dusver in die besit was van die familie van Francis William Reitz, eertydse Vrystaatse president en hoofregter, kom Dinsdag in Sandton onder die hamer.

Die oudhede en kunsafslaer Stephan Welz & Co se die 44 lotte is die hoogtepunt van sy lenteveiling. Die Reitzversameling was in die besit van ‘n kleindogter van F.W. Reitz. Die versameling kom om 10:30 aan die beurt. Onder die lotte is briewe van die menseregteaktivis Olive Schreiner, belangrike dokumente en verskeie boeke uit die Reitzbiblioteek, waaronder twee skaars digbundels uit die pen van F.W. Reitz. Ook van belang is Olive Schreiner se onthullende boek Trooper Peter Halket of Mashonaland van 1897 waarin sy Cecil John Rhodes beskryf as ‘n hebsugtige massamoordenaar wat die inwoners van Rhodesie (nou Zimbabwe) geterroriseer het om hul land af te neem ter voorbereiding van die latere Jamesoninval in die Transvaalse Republiek sodat die Witwatersrandse goudrif onder AngloAmerikaanse beheer kon kom. In die boek is ook ‘n grusame, onthullende foto wat Schreiner in ‘n Kimberleyse kroeg gevind het. Dit toon hoe Rhodes se bende huurmoordenaars rebelse Matabeles en Shonas, wat weerstand teen die anneksasie van hul grond gebied het, Reitzversameling Dinsdag opgeveil Marthinus van Bart aan ‘n boom ophang. Daar is ook ‘n dokument van 1914 oor die grondbeginsels van die Nasionale Party. Die dokument is saamgestel vir die spesiale stigtingskongres wat van 7 tot 9 Januarie 1914 in Bloemfontein gehou is. Interessant is die inskrywing in Reitz se handskrif in ‘n boek oor die AngloBoereoorlog (18991902), The Great Boer War, deur die Skotse skrywer en mediese dokter Arthur Conan Doyle (18591930), ook skrywer van die Sherlock Holmesspeurromans. Reitz skryf voorin: “Of all ‘historical’ liars the writer of this book takes the cake. To anyone who knows the facts, Conan Doyle’s book looks more like one of his novels than a serious account of what actually took place. ‘Fairy Photos’ seem more in his line.” “Fairy Photos” verwys na Doyle se ywerige ondersteuning van navorsing aangaande spiritualisme en die bonatuurlike. Hy het bewerings van twee jong meisies van Yorkshire dat hulle kontak met feetjies gehad en foto’s van hulle geneem het, ernstig opgeneem en in 1922 ‘n boek daaroor, The Coming of the Fairies, gepubliseer. Een van die lotte bevat ‘n aantal briewe van die Nederlandse beeldhouer Anton van Wouw, wat voor die AngloBoereoorlog na die Transvaalse Boererepubliek gekom en hom met passie aan die kant van Afrikaners geskaar het. Stuur gerus veilingsnuus na kultuurkroniek@gmail.com.

Coverage - Stephan Welz & Co - Rapport, Sake - 28 August 2016

2016-08-31T14:36:47+00:00

About the Author: