Maserati opgeveil

‘n Rare 1973 model Maserati Khamsin het sy weg uit ‘n vergete hoekie in ‘n werkwinkel in Johannesburg tot op die vloer van Stephan Welz & Co gevind waar dit op 30 Augustus opgeveil sal Maserati opgeveil word. Die Maserati is glo iewers tussen R900 000 en R1,4 miljoen werd. Dit is deur Marcello Gandini, wat ook die Lamborghini Countach geteken het, ontwerp en beskik oor 4,9 liter V8. Dit was een van net vyf demovoertuie wat deur Maserati vervaardig is. Die volledige produksie van die betrokke Maserati het eers in 1974 afgeskop. Die Maser was in staat om die 100 km in 5,6 sekondes af te be. Die voertuig is 1981 na SuidAfrika ingevoer, in ‘n werkwinkel gestoor en toe verkoop en gerestoureer. Vir meer inligting: www.stephanwelzandco.co.za of bel (011) 8803125 of epos jhb@stephanwelzandco.co.za

Coverage - Stephan Welz & Co - Beeld, Motor - 25 August 2016

2016-11-02T09:49:14+00:00

About the Author: