Meissen-porselein steeds gesog, toon Kaapse veiling

Wêreldwyd is Duitse porseleinware altyd baie gewild onder versamelaars en beleggers in hierdie soort kosbaarhede. Kapenaars is geen uitsondering nie, en op die afgelope winterveiling van Stephan Welz & Kie by Alphen in Constantia, Kaapstad, het ses lotte Dresdense ware altesaam R135 548 behaal. Die lot wat die beste presteer het, was ‘n eetservies van Meissen-porselein wat van die 1300’s dateer en wat met nagebootste Chinese Ming-motiewe van drake en fenikse in skakerings van rooi op wit versier is. Op die agterkant van elke porseleinstuk is die Meissen-embleem, twee gekruiste swaarde, in blou aangebring. Die servies het R92 768 behaal.

Die naasbeste presteerder was ‘n lot met vyf teehouers van Meissen-porselein uit die 1700’s wat onderskeidelik in verskillende kleure en goud met blomme, mensefigure en natuurtonele beskilder is. Die grootste was 14 cm hoog. Dit is vir R20 873 opgeveil.

‘n Bottelvormige vaas van Dresden-porselein, 32,5 cm hoog, wat van die 1800’s dateer en wat met romantiese mensefigure en blomme veelkleurig versier is, het R12 756 behaal. Dresdense porselein word soms ook Meissen-porselein genoem omdat die produksie van die eerste Westerse porselein in 1710 in die Oos-Duitse dorp Meissen in die distrik van die stad Dresden begin is. Die blou gekruisde swaarde wat die handelsmerk van Meissen-porselein is, was oorspronklik die kenteken van die Keurvors van Sakse, wat die eerste porseleinfabriek in Meissen laat bou het nadat ‘n plaaslike alchemis, Johann F. Buttger, heel toevallig ontdek het hoe om porselein te maak terwyl hy eintlik goud met allerlei chemikaliee in ‘n oond wou berei.

Vanaf 1703 tot 1713 is in die fabriek grootliks geeksperimenteer om die fynste en witste porselein moontlik te vervaardig. Die beste wat egter bereik kon word, was ‘n roomkleurige porselein. Dit was ook nie deurskynend en blinkglad soos die Oosterse porseleinsoorte nie, maar dof en keramiekagtig. In 1720 is die emaljeskilder Johann Mirold deur die fabriek in diens geneem om met die kleur van porselein te eksperimenteer. Hy het aanvanklik Oosterse motiewe, kleure, patrone en fatsoene nageboots en groot sukses behaal. Van 1731 tot 1756 het die beeldhouer Johann Joachim Kiindler vernuwing gebring deur met ontwerpe te eksperimenteer. In 1740 het hy die Rococo-styl begin toepas na aanleiding van Die blou gekruisde swaarde wat die handelsmerk van Meissen-porselein is, was oorspronklik die kenteken van die Keurvors van Sakse, wat die eerste porseleinfabriek in Meissen laat bou het nadat plaaslike alchemis, Johann F. Buttger, heel toevallig ontdek het hoe om porselein te maak terwyl hy eintlik goud met allerlei chemikaliee in ‘n oond wou berei. die sierwerk van die Duitse silwersmede. Sy hoogreliefwerk herinner weer aan kunstige Duitse soetge-bak. In die 13oo’s het vernuwing deur die porseleinkunstenaars Pfeiffer, Esser, Burner, Scheurich en Lauger die versamelwaarde van moderne Meissen-porselein aansienlik verhoog. In 1332 het die SA Nasionale Kultuurhistoriese Museum in Kaapstad ten tyde van die 300-jarige Duitse Setlaarsfees ‘n porseleinuitstalling gehou wat groot getalle besoekers getrek het. Onder die ware wat vertoon is, was die museum se eie merkwaardige versameling, waarvan stukke van 1725 dateer. In 1994 het die regering die museum getransformeer tot ‘n Slawemuseum en die versameling Meissen-porselein is in die museum-argief weggesluit.

Meissen-porselein steeds gesog, toon Kaapse veiling

 

2016-11-02T09:49:15+00:00

About the Author: