Kom ervaar die wonderlike en opwindende wêreld van ’n veiling

Gestig in 1968, is Stephan Welz & Co nie net een van die oudste afslaers in die land nie, maar ook een van die afslaers met die meeste ervaring. Met bykans 325 000 items wat al voorberei was in meer as 700 veilings, weet dié maatskappy hoe om ’n suksesvolle veiling te hou. Hulle spesialiseer in kunswerke, juweliersware en klassieke motors, maar sluit ook horlosies, silwer, meubels, matte, keramiek en boeke in hul wye verskeidenheid van kategorieë in.

Stephan Welz and Co Picasso AU CIRQUESes jaarlikse veilings

Die dinkwerk en beplanning begin al maande voor elke veiling. Met ses jaarlikse veilings, drie in Johannesburg en drie in Kaapstad, is Stephan Welz & Co se spesialiste deur die jaar besig om eksklusiewe en topgehalte-items vir veilings bymekaar te maak.

Neem die Pablo Picasso-tekening wat dié afslaer by hul laaste veiling in Kaapstad gehad het, dit was nie die eerste tekening deur Picasso wat hulle op veiling gehad het nie, maar dit het ook vir ’n ongelooflike R3,5 miljoen verkoop.

Spesialiste is hul gewig in goud werd

Stephan Welz and Co Vintage CarsAlhoewel dit belangrik is om goeie spesialiste te hê, kan geen veiling suksesvol wees as die publiek jou nie voorsien van topgehalte-items om vir veilings voor te berei nie.

Dit is hoekom dit van uiterste belang is om die regte spesialiste te hê, ’n goeie spesialis is sy of haar gewig in goud werd. Spesialiste moet nie net goeie kennis van hul spesifieke belangstellingsveld hê nie, maar ook ’n goeie netwerk.

Stephan Welz & Co se spesialiste het meer as 100 jaar se gesamentlike ervaring in die kunsbedryf en is

hoogs gekwalifiseerd. Dit is noodsaaklik om ’n omvattende begrip van die plaaslike sowel as die internasionale kunsbedryf te hê. Sosialisering met kliënte speel ook ’n baie groot rol in die alledaagse lewe van ’n goeie spesialis. Hoe meer kliënte jy het, hoe groter is die kans dat hulle iets gaan stuur vir elke veiling.

Stephan-Welz-and-Co-Trechikoff-Hindu-DancerBesending vir veilings

Voorbereiding vir elke veiling begin gewoonlik maande voor die hamer op die eerste item toeslaan, maar omdat hierdie afslaershuis ses veilings elke jaar hou, moet hulle onmiddellik nadat die laaste hamer val, weer begin met die volgende veiling se besending.

Die voorbereidingsperdatum vir die veiling sluit aan by die sperdatum van die katalogusse. Danksy streng gehaltebeheer word net items opgeveil wat deeglik deur die afslaer se spesialiste nagevors is.

Gedurende die voorbereidingsperiode is die spesialiste op hul besigste. Kliënte bring hul waardevolle artikels na Stephan Welz & Co toe sodat sy spesialiste dit

kan evalueer. Dit is gedurende hierdie periode dat elke item sy geraamde waarde kry.

Die waardering van artikels word gratis gedoen.

Advertensies in die nasionale pers speel ook ’n baie groot rol om artikels by die spesialiste te kry. Afgesien van advertensies in die nasionale media, speel sosiale media ’n integrale rol om mense opgewonde te maak oor hierdie veilings.

’n Digitale spesialis is konstant in kontak met kliënte om te verseker dat hulle ten volle bewus is van geleenthede soos skemerkelkpartytjies en die wonderlike artikels wat die afslaer gaan opveil.

Katalogusse: Kunswerke in hul eie reg

Elke artikel wat opgeveil word, is deeglik deur spesialiste nagevors, gefotografeer en in ’n katalogus opgeneem.

Elke bladsy is versigtig ontwerp om die ware skoonheid van die artikels ten toon te stel. Stephan Welz & Co se katalogusse gee insig in al sy opkomende veilings en verseker dat sy kliënte van die eerstes is om die pragtige artikels op die veiling vooraf te sien. ’n Katalogus is dus van kardinale belang vir ’n suksesvolle veiling.

Hierdie katalogusse bevat al die inligting oor die artikels wat vir elke veiling voorberei is, soos foto’s met geraamde waarde, beskrywings en enige ander inligting wat jy nodig het om jou te help besluit.

Gewilde afslaer Anton Welz

Nadat al die voorbereidingswerk vir die veiling afgehandel is, soos skemerkelkpartytjies en kliëntbesoeke, rus die sukses van veilings op die skouers van die span afslaers onder leiding van Anton Welz.

Anton Welz is wyd bekend as ’n gesoute afslaer en is sy lewe lank betrokke in die kunsbedryf; hy het grootgeword as kleinseun van die beroemde kunstenaar Jean Welz en is wyle Stephan Welz se kleinneef.

Hy werk al jare by Stephan Welz & Co en sy kennis strek oor verskeie kategorieë, onder meer tradisionele Afrika-kuns, meubels en kuns.

Kom besoek of stuur gerus van jou waardevolle artikels vir ons volgende veiling.

2016-11-02T09:49:15+00:00

About the Author: