Geelkoper-mate uit Vrijstaat haal R127 566

Drie imperiale mate van geelkoper wat in 1875 deur Potter van Londen vir Boererepubliek van die Oranje-Vrijstaat gegiet is, het R127 566 op Stephan Welze & Co se onlangse veiling van oudhede en kuns in Constantia, Kaapstad, behaal.

Die mate is onderskeidelik ‘n imperiale boesel, ‘n imperiale gelling en ‘n imperiale halfgelling.

Hoewel die Transvaalse en Vrystaatse geld eiesoortige ontwerpe gehad het, is die geldstruktuur van die Britte, naamlik pounds, shillings en penny, bloot verafrikaans as ponde, sjielings en pennies.

Die term boesel is van die Franse term boissel ontleen. Een boisse is een maat koring. ‘n Gelling in die Britse stelse is gelyk aan vier quarts, en een quart is gelykstaande met twee imperiale pinte.

Die quart was in die Middeleeue ‘n maat vir droë en vloeibare stowwe, gelykstaande met sowat 1 liter van die moderne tyd. In die 1300s was dit die gemidelde inhoudsmaat van bierbekers in tavernes.

Geelkoper-mate uit Vrijstaat

2016-11-02T09:49:15+00:00

About the Author: