Gebouskending op doek behaal R208 728 op veiling in Constantia

Kunstenaars raak dikwels gaande oor mooi historiese geboue en skilder dit dan.Coverage - Stephan Welz & Co - Die Burger - 18 June 2016

Afdrukke van die kunswerke verskyn dan op almanakke, groe-tekaartjies en in koffietafelboeke. Dit is baie goed dat dit gebeur, want so word die estetiese ele-ment van argitektuur onder die aandag van Jan en alleman ge-bring. ‘n Mooi gebou verryk nie net die lewe van die bewoners van ‘n dorp of stad nie, maar gee uit-drukking aan die estetika as synsmodaliteit en beskawingsim-bool. Wanneer mooi geboue egter verwaarloos, gesloop of onher-kenbaar deur onvanpaste aan-bouings ontsier word, keer die meeste kunstenaars hul rug daar-op. Behalwe in maatskaplik om-strede gevalle, soos die sloping van Distrik Ses, waar opportunis-tiese munt te slaan is uit die poli-tieke implikasies wanneer die sloop-en-verskuiwing in opdrag van ‘n ongewilde regering ge-skied. Die manteldraaiende kun-stenaar verander dan in ‘n propa-gandis van die eerste water en benut die kunste as middel tot ‘n politieke en ekonomiese doel — in plaas van om in diens van die es-tetika te staan. Claude Marie Madeleine Bu-scharain (94), eksponent van die Moderne Kuns, het in 1972 ‘n eks pressionistiese skildery van die indertydse sloping van die histo-riese Alhambra-teater in die Kaapse middestad uitgebeeld. Die teater is in 1927 vir Harry Stodel opgerig. Die halfabstrakte skilde-ry, Demolished House, is verlede week by Alphen in Constantia, Kaapstad, vir R208 728 deur die oudhede- en kunsafslaer Stephan Welz 8( Co opgeveil. Die kunstenaar verheug haar nie in die sloping van die teater as argitektoniese kunswerk nie, maar druk in haar skildery eer-der weemoed, ontwrigting en ver brokkeling uit. Dit is inderdaad ‘n skokwekkende blik op die inte-rieur van die deels gesloopte ge-bou. Vernietiging, hier op kunsti-ge wyse met ‘n kontrasterende pastelpalet verabstrak ruk die sensitief-intelligente kyker tot be-sinning en diepe nadenke. Die Alhambra het gedateer uit h era toe Johannesburg as Goud-stad in hoogbloei was en duisen-de teatergangers gereeld na spog-teaters soos His Majesty’s, Colos-seum, Twentieth Century en die SAUK se hoogs besonderse Uit-saaihuis, met sy simfonie-oudito-rium, gestroom het. Van al daar-die teaters het net Uitsaaihuis die slopershamers vrygespring. Ge-sien die troostelose wyse waarop hierdie Eerste Wereldse argitekto-niese pronkstuk oor die afgelope anderhalf dekade tot Derdewe-reldse gemeenskapsentrum gede-konstrueer is, het dit egter ‘n vi-suele en kulturele dood, selfs er-ger as sloping, gesterf. In die Kaapse middestad word die historiese Martin Melck-skuur van die 1700’s, asook die VOC-bat-tery Kijk-in-de-Pot van 1795 (later verengels na Fort Wynyard) reg langs die sokkerstadion op die Groenpuntse meent, deur voorge-nome moderne ontwikkelings be-dreig. Die tyd het aangebreek dat die land se kunstenaars soos Bu-scharain met kwas, penseel en palet teen die vernietiging van al-mal se argitektoniese kultuurerfe-nis protesteer. Gebouskendin9 op doek behaal R208 728 op veiling in Constantia Marthinus van Bart kultuurkroniek@grnail.corn Claude Marie Madeleine Bouscharain se impressionistiese skildery van 1972 wat die sloping van die historiese Alhambra-teater in Kaapstad uitbeeld. Dit is in die SA Kunsmuseum in die Kompaniiestuin en ook in Parys, Frankryk, ten toon gestel. Die kunswerk in akrielverf op doek, 137 cm x 107 cm, is ver-lede week in Constantia vir R208 728 opgeveil.

 

2016-11-02T09:49:16+00:00

About the Author: